STILBAAI NUUS - Daar is vele redes waarom Stilbaai met reg as ’n uitsonderlike plek beskou word. Een hiervan is dat die wonderlike gebeure waarom dié dorp eersdaags Paasfees kan vier met die aanbieding van die Passiespel.
’n Besondere nuwe teks, pragtige musiek en begaafde kunstenaars oefen reeds geruime tyd om die groot boodskap van Sy liefde duidelik met die opvoering van die Passiespel oor te dra.
Die deelnemers is mense vanuit die hele gemeenskap.
Daarbenewens verryk die begaafde sanger Chris Coetzer, van die bekende Drie Tenore-faam, die produksie.
Opvoerings vind plaas op Vrydag 11 en Saterdag 12 April (beide is aandvertonings wat om 19:00 begin), en op Sondag 13 April om 15:00 in die Stilbaai-gemeenskapsaal.
Aangesien hierdie opvoerings een van die hoogtepunte is op Stilbaai se sosiale kalender trek dit jaarliks vol sale en belangstellendes moet gou speel om kaartjies te bekom.
Hierdie kaartjies is spotgoedkoop en dek net die uitgawes. Indien daar fondse oorbly, word dit aan liefdadigheid geskenk.
Kaartjies is beskikbaar teen slegs R20 by Jagersbosch, Tabeel en die NG kerkkantoor.
Belangstellendes van buite Stilbaai kan met Elsa Oberholzer skakel by 084 677 6773 om kaartjies te bekom.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’