ALBERTINIA NUUS - Die somer is op ons en dit is tyd om waaksaam te wees, veral vir slange wat nou oral opduik.
'n Verbyganger het onlangs 'n inwoner, Lood Oosthuizen, gewaarsku dat daar 'n slang tussen die klippe in sy voortuin is.
Hy was maar rustig daaroor, maar toe hy eensklaps die slang gewaar het hy eers besef watse gevaar dié allemintige geelslag vir veral sy diere inhou.
Lood reken leerders moet waaksaam wees omdat dit regoor Hoërskool Albertinia plaasgevind het.
Leerders gesels en stap heel luiters en sien nie juis raak wat in hul onmiddellike omgewing gebeur nie.
"As 'n kind nou hier op die sypaadjie gesit het, was die kanse goed dat die geelslang hom kon pik, veral as die slang geskrik het.
"Dis belangrik om slangsoorte uit te ken en wie om te skakel as jy onverwags op 'n slang afkom en besef dit hou 'n gevaar vir mens of dier in. Juis veral nou met die droë somer en geen reën in sig nie, kom al meer en meer slange uit, veral op baie warm dae.
"Wees dus waaksaam, kyk om jou rond en wees paraat," is Lood se raad.
'n Geelslang sal jou heel waarskynlik aanval as hy bedreig word.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'