ALBERTINIA NUUS - Net 'n murasie het van 'n pragtige Kaaps-Hollandse huis op Albertinia oorgebly na 'n brand op 26 Mei 2018. Op daardie tragiese dag het die eienaar, Chris Thomas gelukkig slegs ligte brandwonde aan sy hande en arms opgedoen.
"Die koste om die huis weer in sy glorie te herstel was astronomies, maar ek is dankbaar dat ek kon begin om dit te doen," het Thomas gesê.
Volgens hom is The Palms, soos die huis bekendstaan, nog nie 'n honderd persent soos hy dit wou gehad het nie, maar mettertyd sal alles weer in plek wees.
Slegs die kamers moet nog voltooi word. Die woonstel langsaan die huis het nie gebrand nie en kon Thomas daar bly terwyl restourasiewerk gedoen word.
'n Hartseer gesig. Feitlik niks het oorgebly na die brand eindelik geblus was nie. Foto: Facebook
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'