STILBAAI NUUS - Stilbaai Toerisme is op soek na ’n paartjie wat reeds 60 jaar of meer getroud is.
Liefdeslot-brûe verskyn oor die wêreld heen, van die Pont des Arts in Parys tot die Brooklynbrug in New York en nou gaan dié dorp Vrydag, 7 Desember om 10:00 hul eie een by die bekende Walvisuitkykpunt onthul.
Indien jy ’n paartjie ken wat 60 jaar of langer getroud is, stuur hulle kontakbesonderhede aan info@stilbaaitourism.co.za
• Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
"Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus."