STILBAAI NUUS - Dit is alombekend dat die Baai van die Slapende Skoonheid bekend is vir Kalkrant Fynbos wat welig voorkom, maar nou blyk dit dat ander botaniese wonders ook hier groei.
Vroeg in 2014 het Frik van Rhyn en Naomi van Schalkwyk van die Tuin-op-die-Brak afgekom op eienaardige bolplante aan die westekant van die Goukourivier. Gedroogde materiaal en 'n foto is na die Bolus Herbarium by die universiteit van Kaapstad gestuur om identifikasie te bevestig.
Die afgelope maand het Patric en Alice Duddy tydens ‘n voëlkykuitstappie afgekom op nog 'n Karooplant wat normaalweg voorkom in die Kaapse berge, Namakwaland, Namibië en Botswana. Cadaba aphylla, oftewel swartstorm.
'n Ander vraag wat gevra kan word, is hoe die plante hier beland het, vertel sy, “en dan moet ons onthou dat voëls ver vlieg met saad in hul bekke of in hul ingewande! Dalk is dit weens aardverwarming. Ons kan net die situasie dophou en die interessante dinge van die natuur geniet.”