Update
HESSEQUA NUUS - Suid-Kaap Forum het pas verneem dat die brand in Grootvadersbosch uitgesit is.
Die uitvoerende burgemeester, Grant Riddles het bevestig dat agt huise op Vermaaklikheid afgebrand het.
Hy is self op die toneel en sê die prentjie uit die lug lyk glad nie goed nie. Riddles het die brandbestryders geloof vir hulle harde werk.
“Die manne staan op dakke en spuit om die huise te beskerm. Môre kom Oryx-helikopters uit die Kaap om te help. Ons innige meegevoel aan die eienaars wat hulle eiendomme verloor het.
"Die geveg teen die vlamme gaan onverpoosd voort.”
Lees 'n verwante artikel: Brand ontstaan ook op Grootvaderbosch
'Ons bring jou die nuutste Grootvadersbosch, Hessequa nuus'