Gallery Update
STILBAAI NUUS - Die R305 is weer oopgestel na twee persone vroeër vandag (Vrydag 2 November) op dié pad na Stilbaai in ’n gesterf het.
’n Lid van Goukou-plaaswag, Ivan Joubert was van die eerste persone op die toneel.
Volgens onbevestigde inligting het twee taxi’s probeer om ’n vragmotor verby te steek. Al drie voertuie was vanaf Stilbaai in die rigting van die N2 onderweg.
By die Hectorskraal-afdraai het die voorste taxi blykbaar skielik rem aangeslaan om af te draai. Die taxi agter hom het probeer verhoed dat hulle in hom vasry en het links uitgeswaai, waarna dit die voorste deel van die vragmotor getref en toe klaarblyklik ook ’n voetganger wat langs die pad gesit het.
Na bewering het die vragmotorbestuurder ook beheer oor die trok verloor en dit het omgeslaan. Hy is ongedeerd.
Een van die insittendes in die taxi het onder die voertuig beland toe dit rol. Hy is op slag dood.
Die ander passasiers, almal glo van Albertinia, het op die oog af nie beserings opgedoen nie, maar is na Riversdal-hospitaal geneem vir observasie.
Die oorledenes se name is nie bekend nie, omdat hul naasbestaandes nog nie in kennis gestel is nie.
’n Saak van strafbare manslag is geopen.
• Sien nog foto's hier
• Lees 'n vorige artikel: 2 Dood op R305
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'