RIVERSDAL NUUS - Dit gons hier in die dorp nadat 'n plaaslike opvoeder in die landdroshof op 'n aanklag van statutêre verkragting verskyn het.
Volgens lt.kol. Malcolm Pojie, provinsiale mediabeampte, is die 40-jarige beskuldigde twee week gelede in hegtenis geneem nadat 'n klag van statutêre verkragting teen kom aanhangig gemaak is.
Hy het op Maandag 11 September vlugtig in die hof verskyn en die saak is vir verdere ondersoek tot Maandag 11 Oktober uitgestel.
Volgens Pojie het die opvoeder glo vanaf Junie tot Augustus 2023 'n seksuele verhouding met die 15-jarige leerder gehad wat op stautêre verkragting neerkom.
Die klag is glo deur 'n familielid aanhangig gemaak.
Die Wes-Kaapse onderwysdepartement is vir kommentaar oor die voorval genader. Millicent Merton, kommunikasiebeampte, het bevestig dat die insident aan hulle rapporteer is. Hoewel hy deur die skool se beheerligggaam aangestel is, is hy egter as voorsorgmaatreël geskors.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’