Update
STILBAAI NUUS - 'n Opwindende modeparade, 'n ten toonstelling van die jongste neigings in haarstyle en grimering, asook 'n bakkompetisie wat ten bate van Community Animal Rescue Society (CARS) aangebied word, vind Saterdag, 17 Oktober vanaf 13:00 tot 16:00 by Namo in Hoofweg-Wes, Stilbaai plaas.
Die grootste trekpleister na die geleentheid sal natuurlik die bakkompetisie wees.
"Ons nooi die gemeenskap en alle belangstellendes om hul beste voorskoot aan te sit om hulle baktalent ten toon te stel," sê Nicole Botha van CARS.
Drie beoordelaars sal die spogkoek-wenner beslis, wat dan opgeveil sal word. Volgens Botha is daar baie pryse op die spel.
Verskeie aktiwiteite sal ook aangebied word, waaronder 'n photobooth.
Die geleentheid is om geld in te samel vir 'n massasterilisasie. Vir meer inligting, skakel 062 458 0314 of besoek hul Facebook-blad.
Vorige artikel: Op jou merke, gereed, bak!
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'