• Riversdal Polisie (028 713 8500) beskik oor 'n slagofferbystandskamer en is 24-uur beskikbaar. Tans is daar twee vrywilligers en geen noodnommer nie. Gewoonlik gaan die slagoffers na die polisiestasie, waarna hulle na die slagofferbystandskamer geneem word, waar dit meer privaat is.
• Albertinia Polisie (028 735 8040) het ook 'n traumakamer en beraders. Die noodnommer is 067 737 1249.
• Heidelberg Polisie (028 722 1910) het 'n traumakamer en vrywilligers wat 24-uur per dag beskikbaar is. Daar is geen noodnommer nie.
Die polisie klassifiseer seksuele misdrywe as: Sonder toestemming (verkragting), ongewenste seksuele aanraking of om geforseer te word om in enige vorm van 'n vernederende seksuele aktiwiteit deel te neem.
Wat is die verskil tussen statutêre verkragtings, bloedskande, dwangverkragting en onsedelike aanranding?
• Statutêre verkragting: Wanneer iemand 'n daad van penetrasie met 'n kind tussen die ouderdom van 12 en 16 jaar pleeg, of daartoe ingestem word of nie.
• Bloedskande: Om met of sonder instemming bloedfamilie (moeder, suster, broer, vader, neefs, niggies, tantes of ooms) of aangenome familielede, seksueel te penetreer.
• Dwangverkragting: Wanneer iemand 'n derde persoon dwing om iemand anders te verkrag (gedwonge seksuele aanranding, of gedwonge self-seksuele aanranding is ook misdrywe).
• Onsedelike aanranding: Ander dade van seks sonder die slagoffer se instemming, of die dreigement om dit uit te voer, wat nie binne die wetlike definisie van verkragting beskryf word nie.