STILBAAI NUUS - Anton Chevalier, ’n bestuurslid by Tuin-Op-Die-Brak, is ’n omgewingsaktivis wat jy so op sy eie sal sien waar hy besig is om indringerplante op openbare grond te verwyder.
In Stilbaai is die rooipitjie en manatokbome ’n groot bedreiging vir die pragtige fynbos en daarom is mense soos Anton en ook dr. Deon Begemann met sy Bewaringstrust gedurig besig om dit uit te roei.
Donderdagoggend, 14 Augustus, was Anton weer oorkant Tuin-Op Die-Brak, langs die rivieroewer besig om indringerplante te verwyder.
Hierdie keer met die hulp van die werkers van bosbou, visserye en die omgewing wat by Tuin-Op-Die-Brak werk.
Anton gaan dit egter nie net so kaal los nie.
September is boomplantmaand en hy het reeds genoeg klein melkbome om daar te plant.
Stilbaai is bevoorreg om mense soos Anton, dr. Begemann met sy span, en ook talle ander naamloses te hê wat omgee vir die omgewing en die nageslag.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’