HESSEQUA NUUS - Dié Hessequa-munisipaliteit het oor die R50 miljoen in sportontwikkeling sedert die instelling van die sportraad in 2016 belê.
Die begroting vir 2024/2025 beloop die bedryfskapitaal R3 289 757. Dit sluit alle beplande uitgawes in: personeelkoste, interne heffings vir dienste, spyseniering, materiaal en goedere, vervoer en programme wat deur die sportraad gekoördineer word.
Die kapitaalbegroting beloop R1 250 000. Dit sal aangewend om die volgende projekte te finansier:
• Buiteluggimnasium in Kwanokuthula (wyk 7) - R700 000
• Opgradering van verskeie sportgeriewe in Hessequa - R200 000
• ‘n Vibracrete-heining by die Bitouville-sportterrein (wyk 1) - R100 000
• Omheining van die Hessequa-sportterrein - R100 000
• Ablusiegeriewe by die Jongensfontein-tennisfasiliteit (wyk 3) - R150 000
Grant Riddles, die uitvoerende burgemeester, sê: “’n Belegging in sport, is ‘n belegging in die toekoms. Dit kweek wêreldkampioene en internasionale ambassadeurs.”
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’