Breaking News Video
OPVOLG: 'n Stop-en-ry is nou in plek op die N2
HESSEQUA NUUS EN VIDEO - Die bestuurder van 'n bakkie is op die toneel dood na 'n botsing met 'n trok.
Die ongeluk het ongeveer 12:30 vandag, 20 Januarie tussen Albertinia en Riversdal, naby die Soutpan afdraai gebeur.
Die bestuurder van die trok het nie lewensgevaarlike beserings opgedoen nie.
Die hond wat saam met die oorledene was, is deur dierebeskerming kom haal. Hy is glo nie te ernstig beseer nie.
Volgens kapt Susan Botha, stasiebevelvoerder van Albertinia-polisiestasie het die bakkiebestuurder voertuie glo verbygesteek en hoewel die trokkie uit sy pad probeer kom het deur na die geel lyn te beweeg, kon hy nie die botsing vermy nie.
Die pad is steeds gesluit en motoriste word gevra om die ompad by Swartklip te gebruik.
Video: Ongeluk op N2 naby Soutpan
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'