HESSEQUA NUUS - Aanvanklike inligting wat ontvang is, het aangedui dat daar drie voertuie in ‘n ongeluk gister, 2 Junie was. Slegs twee was betrokke.
Die ongeluk het op die R325, Gourikwa-pad (of ook as die Blikkies-pad bekend), bykans 20km vanaf Melkhoutfontein om ongeveer15:20 plaasgevind.
Die persoon wat in sy voertuig vasgesit het, was bevry en is na George-hospitaal geneem.
Die twee insittendes van die ander voertuig het geen beserings opgedoen nie.
“‘n Dossier van roekelose en nalatige bestuur is geopen,” het sers Ciska Badenhorst van Albertinia-polisie gesê. Die ondersoekbeampte is konst Francois Fielies.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'