ALBERTINIA - 'n Onbeheerde veldbrand is vanmiddag 27 November suid-oos van Albertinia in die Hessequa-munisipale gebied aangemeld.
Brandbestrydingspanne van die Tuinroete-distriksmunisipaliteit (GRDM) en Hessequa-munisipaliteit is onderweg na die toneel om die brand te bestry.
Meer inligting oor die brand, die verspreiding daarvan en die brandbestrydingspogings sal bekend gemaak word sodra verdere besonderhede beskikbaar is.
Die publiek word versoek om enige veld- of bosbrande onmiddellik by die GRDM se noodoproepsentrum aan te meld by 044 805 5071 of via WhatsApp by 081 709 5193.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’