RIVERSDAL NUUS - Die Hoër Landbouskool Oakdale het die besondere prestasie behaal deurdat 13 beeldhoumodelle vir die vak skeppende kuns, vir die WKOD se kunskompetisie ‘I celebrate my world’ gekeur is.
Hierdie kunswerke is vanaf 5 tot 28 Julie by die George-museum uitgestal.
Die pryswenners van die kompetisie is tydens ‘n gala-geleentheid op 28 Julie aangewys.
Estian Kritzinger het met sy werk ‘SA’s long walk to unity’ ‘n bronsmedalje en Janco Goosen met sy werk ‘Sylvester’ ‘n goue medalje verwerf.
Dié kunswerk en die ander goue medaljewenners word gedurende September by die IZIKO National Gallery in Kaapstad uitgestal.
Agter, van links: Janco Goosen, Phillip Japhta (SKK: kurrikulumadviseur), Lourida Hakimi (George-museum) en Leana Robinson (SKK: Oakdale-opvoeder). Voor: Estian Kritzinger, Anina Lindi (WKOD: hoofkantoor) en Marietjie Beukes (WKOD Eden-Karoo: kurrikulumbestuurder).
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'