HESSEQUA NUUS - Suid-Kaap Forum verwelkom ‘n nuwe vryskutskrywer in ons midde, ‘n gesoute skrywer wie se skryfloopbaan oor 40 jaar strek.
Die Riversdaller Christiaan Johan de Swardt, wat bekendheid as CJ “die Loslit DJ” verwerf het, het in verskeie sfere van die joernalistiek en vermaakbedryf gewerk – van verslaggewer en teksredakteur by die dagblad Beeld en sosiale, jeug- en vermaakredakteur van die glanstydskrif De Kat, tot redakteur en uitgewer van die tweetalige jeugtydskrifte 2-21 en 21 Magazine.
Hy het ook in sy studentejare aan die destydse Randse Afrikaanse Universiteit as dramaturg, akteur en regisseur geskep en bekroonde stukke opgelewer.
Hy was die kunsteredakteur by die kampuskoerant Die HeRAUt, redakteur van sy koshuis, Drommedaris, se kwartaalblad Die Mishoring en die redakteur van die joolblad, Tjol’ 82.
Baie welkom, Christiaan! Ons weet jy gaan baie waarde aan ons koerant toevoeg.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'