HEIDELBERG NUUS - Twee transitobeamptes het gistermiddag, Maandag 29 Julie, net ná 14:00 'n noue ontkoming gehad toe die voertuig waarin hulle geld vervoer die pad verlaat, gerol en in die veld op sy dak beland het.
Volgens die polisie het die ongeluk op die R322 by die soutpan, sowat 20 km buite Heidelberg, op pad na Witsand plaasgevind.
Beide insittendes van die Toyota Hilux is na die hospitaal in Riversdal geneem.
Die 58-jarige bestuurder het glo net ligte beserings opgedoen, terwyl die 34-jarige man met erge rugbeserings na die hospitaal in George oorgeplaas is.
Die polisie-ondersoek duur voort.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’