RIVERSDAL NUUS - 'n 16-jarige skooldogter van Gerrit du Plessis Senior Sekondêr het Dinsdag 9 Mei 'n nagmerrie ondervinding beleef toe haar 20-jarige voormalige kêrel haar uit die skoolbus gepluk en haar in die bosse daar naby ontvoer het.
Die voorval het omstreeks 07:40 by die busstop by Gerrit du Plessis gebeur.
Die plaaslike polisie is in kennis gestel waarna hulle, met behulp van lede van die Hessequa-brandweer, TFR Sekuriteit en leerders ‘n soektog na die dogter van stapel gestuur het.
Die skooldogter is ongedeerd in die bosse gevind waarna die polisie die jongman 'n hele ent van die toneel af met die skooldogter se selfoon in sy besit vasgetrek het.
Hy is tans in aanhouding nadat ‘n saak van ontvoering, aanranding en roof teen hom aanhangig gemaak is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’