STILBAAI NUUS - Die polisie in Stilbaai ondersoek tans die omstandighede rondom 'n moord wat na bewering Saterdagaand, 10 Januarie, in Melkhoutfontein plaasgevind het.
Volgens adjudant-offisier Morné D'Emiljo is die 24-jarige manlike slagoffer op die toneel oorlede.
'n Verdagte, ook 'n 24-jarige man, is gearresteer en is tans in aanhouding. Hy sal eersdaags op 'n aanklag van moord in die hof verskyn.
Geen verdere besonderhede is tans beskikbaar nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’