STILBAAI NUUS - Na die taksluiting van Nedbank in Stilbaai het baie besighede en inwoners uitdagings ervaar en kommer uitgespreek oor toegang tot bankdienste.
Nedbank bevestig hiermee hul voortgesette verbintenis om Stilbaai te bedien, en erken die belangrike rol wat betroubare, toeganklike bankdienste in die plaaslike ekonomie speel.
Om volhoubare oplossings vir die gemeenskap te ondersteun en persoonlike bankdienste te bespreek, bied Nedbank 'n inligtingsessie vir plaaslike besighede aan.
Die sessie bied 'n geleentheid om:
- Te hoor watter alternatiewe Nedbank-dienste beskikbaar is
- Uitdagings sedert die taksluiting te bespreek
- Terugvoer te gee oor besigheidbankbehoeftes
- Direk van die bestuur te hoor oor Nedbank se planne vir Stilbaai
Stilbaai-besigheidsforum sê dat besighede se insette sal help om die beste diensmodel vir Stilbaai te vorm en te verseker dat bankdienste in die dorp ondersteun word.
Die sessie is Donderdag 20 November by die Stilbaai-gholfklub van 11:30 tot 14:30 en besighede kan epos stuur aan stilbaaisake@gmail.com om te registreer.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’