STILBAAI NUUS - Napier Rugbyklub besoek Melkhoutfontein Saterdag die 15de Februarie om in die graveyard teen Seagulls te speel.
Dit sal Seagulls se derde vriendskaplike wedstryd wees ter voorbereiding van die 2025 seisoen en te oordeel aan hulle spel teen Bonnievale die afgelope naweek kan Napier hulle maar klaarmaak vir drie harde wedstryde.
Seagulls is besig om hulle ritme te vind en verbeter met elke wedstryd.
Maak die pawiljoene vol en wys die spelers waar julle harte lê.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’