Bunit Brand, Frederick Carstens, Joseph Klaase, Dawid Arries, Sydwill Johnson, Ronzio Merrington, Nicolaas Jansen en Josephine Gertze het hul lewens verloor toe 'n vragmotor eers agter teen 'n bakkie, wat vir aankomende verkeer gewag het om na die oorkant van die pad te gaan, gebots het en toe teen die minibus van die Departement van Korrektiewe Dienste (DKD).
Jansen, Johnson, Klaase, Merrington en Gertze is tydens ’n roerende begrafnis ter ruste gelê.

