STILBAAI NUUS - ‘n 18-jarige meisie is vroeg Sondagoggend, 10 April in ‘n motorongeluk buite Stilbaai dood na die voertuig waarin sy ‘n passasier was van die pad geloop en omgeslaan het.
Die Stilbaai-polisie is ongeveer 02:15 in kennis gestel van ‘n ongeluk op die R305 net na die hondehostel by die Olive Grovedam.
Met hul aankoms op die toneel het die polisie na ‘n soektog ‘n wit Ford Ranger op sy dak meer as 100 meter van die pad in ‘n klofie gevind.
Met die bystand van die nooddienste is die manlike bestuurder, 'n manlike passasier en die oorledene, Andeline September, uit die wrak bevry.
Stilbaai SAPD ondersoek 'n saak van strafbare manslag teen die 44-jarige manlike bestuurder wat nog nie geïdentifiseer mag word nie. Hy en die oorlewende passasier is ernstig beseer en na die hospitaal geneem.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'