RIVERSDAL NUUS - Motoriste wat die N2 by Riversdal gebruik, word gemaan om uiters versigtig te wees ná 'n waarskuwing deur ao. Hans Busch van die Riversdal-polisie.
Busch het spesifiek verwys na soliede betonstormwaterpype wat oral naby aan die padoppervlak geleë is.
Indien 'n voertuig om enige rede van die pad sou loop, kan hierdie struktuur ernstige skade veroorsaak.
Volgens hom is die gevaar veral groot wanneer bestuurders moeg is of aan die slaap raak agter die stuur.
"'n Botsing met so 'n betonstruktuur kan noodlottig wees," het hy gewaarsku.
Motoriste word aangeraai om nie moeg te bestuur nie en om gereeld stil te hou en te rus tydens lang ritte.
Bestuurders moet ook hul spoed aanpas en gefokus bly, veral op bekende roetes waar konsentrasie maklik kan verslap.
Padgebruikers word versoek om veral op hierdie gedeelte van die N2 bedag te wees en veiligheid eerste te stel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’