STILBAAI NUUS - Sowat 50 motorfietse vanuit alle windrigtings het Saterdag 12 Oktober op Stilbaai toegesak.
Dit was Helpende Hand se Wes-Kaapse motorfietsklub wat 'n Nappy Rally gehou het en 130 pakke volwasse doeke aan die inwoners van Huis Stilbaai geskenk het.
Hulle het gekom van Witsand, Bredasdorp, Riversdal, Stilbaai, Mosselbaai en George en het die oggend saam met die inwoners spandeer.
Die ridders op die ysterperde het ook van die meer avontuurlustige inwoners vir 'n rit op hulle motorfietse gevat en selfs die 96-jarige tannie Helen Burger het haar kans waargeneem. Al wat sy agterna kon sê was: "Dit was baie lekker."
Na 'n lekker middagete en gesels met die inwoners het hulle weer die pad gevat na hulle tuistes.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’