Update
HEIDELBERG NUUS - Die voorverhoor van die moordbeskuldigde, Virgil Pretorius, is op Vrydag 20 April in die hoogeregshof in Kaapstad tot Vrydag 11 Mei uitgestel.
Pretorius se advokaat het hom van die saak onttrek en kon die verhoor nie afgehandel word nie. Die saak sal daarna op Maandag 4 Junie in die rondgaande hooggeregshof op Swellendam begin word.
Pretorius word van die moord op Candice Alberts aangekla. Sy was die ma van sy twee jaar oue babaseun. Dit was Vrydag presies 'n jaar gelede toe hy haar glo vermoor het.
Die slagoffer se ouers, asook Pretorius se ma en 'n paar familielede het die verhoor bygewoon. Hy bly in aanhouding in Pollsmoor-gevangenis tot sy volgende verskyning.
Lees vorige artikels:
- Moordsaak teen Virgil Pretorius uitgestel
- Moordsaak word weer uitgestel
- Moordsaak weer uitgestel
- Moordeverdagte weer in hof
- Moordebeskuldigde se borg geweier
- Vrou se lyk gevind: Borgaansoek uitgestel
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'