STILBAAI NUUS - Die Blombos Argeologie-museum by Palinggat in Stilbaai het verlede jaar op 16 Desember die Mother Africa, welcome home, interaktiewe uitstalling geopen nadat opgraderings die uitstalling op wêreldstandaard gekry het.
Die museum vertel die verhaal van die mens vanaf ongeveer 140 000 jaar gelede en hoe hulle oorleef het .
Maandag 20 Januarie het Ricardo Mackenzie, die Wes-Kaapse minister van kultuursake en sport, die museum besoek en dr. Jan de Vynck het die tydperk van toe tot nou in 'n neutedop saamgevat.
Die minister was werklik beïndruk met die hoë gehalte uitstalling en het gesê dat hy graag wil sien dat hulle nog verder gaan met die projek.
Hierdie uitstalling is beslis die moeite werd om te besoek en die museum is van Maandag tot Vrydag oop van 08:30 tot 17:00 en Saterdae van 08:30 tot 12:30.
Kontak die toerismeburo by 028 754 2602 om uit te vind of Sanet van Deventer daar is om jou meer te vertel tydens jou besoek.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’