Update
HESSEQUA NUUS - Die brand by die Sleeping Beauty (Riversdal) wat gister (Vrydag 2 November) nog agter die kop gebrand het, is uitgesit.
Die SCFPA (South Cape Fire Protection Association) was heeldag by die vuur by Kruisrivier aan die oostekant van Riversdal.
“Dit is onder beheer en die rookreuk wat oor die dorp hang, is omdat die wind in ‘n noordoostelike rigting waai,” sê Charl Wade, westelike bestuurder.
Working on Fire en Garden Route brandweer is ook op die toneel.
Dit brand nog op Grootvadersbosch naby Swellendam. CapeNature is daar besig.
Lees vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'