STILBAAI NUUS - Die ou Bellevue Hotel op die hoek van Osler- en Akasiastrate in Stilbaai is 'n klompie jare gelede omskep in wooneenhede wat deur belangstellendes gekoop kon word.
Op die klipmuurtjie voor die gebou is agt maritieme stukke van yster vasgemessel en Thea Scheepers, een van die inwoners, probeer vasstel vanwaar dit kom en hoe dit daar beland het.
Heel moontlik is daar iewers iemand wat hierdie vraagstuk kan oplos.
Hulle is besig om die geskiedenis van die gebou, wat oorspronklik in 1924 gebou is, op te skryf.
Kontak asseblief vir Johan Victor by 078 083 3304 indien iemand kan help.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’