SLANGRIVIER NUUS - ‘n 36-jarige man is op Woensdag 24 Julie tydens ‘n polisie-optrede in die dorp vasgetrek.
Die beskuldigde is tydens ‘n gesamentlike optrede deur lede van die plaaslike polisie, munisipale wetstoepassers, die departement immigrasie en die polisie vir openbare beskerming (Pops) in hegtenis geneem nadat daar dwelms en twee skale in sy besit gevind is.
Die operasie is deur sers. Danwill Josephs, sektorbestuurder, gelei. Die vermeende dwelmsmous is deur sers. André Otto, ‘n plaaslike lid in hegtenis geneem nadat 26 bankies tik en die twee elektroniese skale in sy besit gevind is.
Die straatwaarde van die goedere waarop beslag gelê is ongeveer R2 500.
Die dwelms is vir toetse na die laboratorium gestuur vir ontleding. Die beskuldigde is gewaarsku om op ‘n latere datum in die hof te verskyn indien die toetse positief is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’