SWELLENDAM NUUS - ‘n 48-Jarige man van Swellendam is twee weke gelede in hegtenis geneem omdat hy in besit van beeldmateriaal was wat op kinderpornografie neerkom.
Die verdagte het die wet op rolprente en publikasies oortree en ook ‘n kletskamer besoek waar deelnemers eksplisiete seksuele gesprekke en beeldmateriaal van minderjariges gedeel het.
Die Swellendammer is op borgtog van R2 000 vrygelaat en sal weer op 13 Mei in die hof verskyn.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Swellendam, Hessequa nuus'