HEIDELBERG NUUS - Lleyton September, vlugvoetige agterspeler van Heidelberg-rugbyklub, wat menige teenstanders al klei laat trap het met sy kenmerkende aftrap, is na die SWD Arende se proewe genooi.
Dié oud-Oakdale en SWD Cravenweekspeler toon al sedert sy laerskooldae baie potensiaal om die hoogste sport te bereik.
Lleyton, oftewel Vleisie soos hy alombekend is, maak deel uit van die groep wat vanaf Dinsdag 27 tot Vrydag 30 Mei in George aan die proewe deelneem.
Indien hy die keurders beïndruk en vir die SWD Arende gekies word, sal hy waarskynlik op Dinsdag teen die Kenia Simba-span sy senior kleure verwerf.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’