STILBAAI NUUS - Die Busy Lizzy Huis- en Tuinbouklub se gasspreker op 17 Junie is die wêreldbekende Leon Kluge, ontwerper van die pragtige Suid-Afrikaanse uitstalling by die pas afgelope Chelsea Blommeskou.
Die uitstalling het nie net goud gewen nie, maar ook 'n goue medalje vir die beste uitstalling by al die Royal Horticultural Society skoue en daar was sowat 10 van hulle.
Beslis iemand wat weet waarvan hy praat en 'n geleentheid om nie te mis nie.
Busy Lizzy skuif juis hulle maandelikse bymekaarkoms na die Gereformeerde Kerk om meer mense te kan huisves.
Dagboek 17 Junie en hou Busy Lizzy Huis- en Tuinbouklub se facebook blad dop, want die kaartjies gaan blitsvinnig opgeraap word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’