STILBAAI NUUS - Die Gereformeerde Kerk in Stilbaai was stampvol toe Leon Kluge Dinsdag 17 Junie 'n bietjie agter die skerms ingegaan het om te verduidelik hoe 'n goue medalje gewen word.
Die Suid-Afrikaanse uitstalling het vanjaar nie net die goue medalje verower vir die beste uitstalling nie, maar ook die Lawrence toekenning, van egte goud, vir die beste uitstalling die afgelope 12 maande by al die Royal Horticultural Society skoue in Brittanje.
Voorwaar 'n uitsonderlike prestasie as die logistieke en finansiële uitdagings in ag geneem word.
Vir Leon en sy span was dit 12 maande van bloedsweet, baie gebede, harde werk en die natuur wat saamspeel, maar dit was uit en uit die moeite werd.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’