Gallery
RIVERSDAL NUUS - Bederf iemand met lekkernye.
Jou smaakvoelertjies gaan Vrydag 13 Desember juig. Dan word die eerste Kersfeesmark in jare op die dorpsplein aangebied.
Oor die dertig plaaslike entrepreneurs span saam om feesbetowering te skep en met hul vindingryke handelsname te spog.
En hulle hét watertandlekker idees vir geskenke. Tussen die geskenkkeuses is flessies heuning van Besige Erasmus-Bytjies, potte vol ingelegte heerlikhede van Cherry on Top, die pragtigste verpakkings van droëvrugte en neute en allerlei soetgoed keurig uitgesoek deur Maryna Jacobs, Lesley-Anne Pedro en Erna Cordier - én geurige vrugtekoeke in alle vorms en groottes deur Wonderland.
Laat die feestyd op die Makadas-dorpsplein begin!
FOTOGALERY: Lekkernygeskenke wink by Makadas-feesmark
* Suid-Kaap Forum vertel nog tot Vrydag van die verrassings wat wink.
Geurige vrugtekoeke in alle vorms en groottes sal tydens Vrydagaand se Kersfeesmark te koop wees.
Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’