HEIDELBERG NUUS - Leerders van Hoërskool Heidelberg het onlangs 'n besoek vanaf die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) ontvang waartydens Caville Abrahams (NSRI) die leerders oor veiligheid by strande, swembaddens en riviere kom toespreek het.
Dié inligtingsessie is deur Keeno Fredericks, ’n lid van die beheerliggaam en lid van die plaaslike polisiediens, as deel van sy portefeulje gereël.
Abrahams het, onder andere, gesê dat daar jaarliks ongeveer 1600 mense in die see, riviere, damme en in swembaddens verdrink en die leerders gewaarsku dat dit baie gevaarlik is om in riviere en damme te swem omdat daar baie versteekte gevare in hulle is.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'