STILBAAI NUUS - Stilbaai polisie, Hessequa-brandweer en die nasionale seereddingsinstitut (NSRI) het van 10 tot 13 Junie ’n inligtingsessie oor veiligheid by Melkhoutfontein Primêre skool aangebied.
Dit het met die skool se veiligheidsweek saamgeval en al die leerders en onderwysers het gekyk hoe ’n mens in ’n noodsituasie moet optree.
Die NSRI het vir hulle ’n vier-stap plan gegee wat hulle moet onthou wanneer hulle wil strand toe gaan, terwyl die brandweer vir hulle vertel het wat om te doen in geval ’n brand uitbreek.
Volgens sers. Chrisy Lewaks, veiligheidskoördineerder van Stilbaai-polisie, het talle onderwysers na afloop van die sessie gesê hulle het self nie voorheen geweet hoe om in ’n noodsituasie op te tree nie.
’n Inligtingsessie oor veiligheid is by Melkhoutfontein Primêre skool aangebied.
Die inligtingsessie het met die skool se veiligheidsweek saamgeval.
Leerders en onderwysers is gewys hoe om in 'n noodsituasie op te tree.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'