RIVERSDAL NUUS - Lee-Win Pretorius, gr. 12-leerder aan Hoër Landbouskool Oakdale, is weer vir SWD gekies om aan vanjaar se Cravenweek in Middelburg, Mpumalanga, deel te neem.
Die veelsydige agterspeler, wat al sedert sy laerskooldae by De Waalville Primêr gereeld verskeie SWD-spanne verteenwoordig het, gaan vanaf 6 tot 12 Julie sy talent en vaardighede op die land se hoogste skoolvlak tentoonstel.
Daar word ’n dringende beroep gedoen op enige samaritaan om vir Lee-Win finansieel te ondersteun aangesien die onkostes redelik hoog is.
Sy ma, Lee-Ann Pretorius, is ’n enkelma en tans werkloos. Sy kan by 060 576 8312 geskakel word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’