HEIDELBERG NUUS - Verskeie plaaslike polisielede is onlangs na hoër range bevorder.
Nuwe lede is ook in die administratiewe afdeling verwelkom.
Carlet September, Danwill Josephs, Arthur Rowe, Gordon Ntozini en Ivan Goliath is van konstabel na sersant bevorder, terwyl Karin Pretorius van sersant na adjudant-offisier bevorder is.
Vyf adjudant-offisiere is 'n kerf hoër, vanaf 1 na 2 bevorder, waaronder Alroy Windvogel, Hein Conradie, Frans Jooste, Jaco Louwrens, Jaco Botha en Bartho Joubert.
Onder die kantoorpersoneel is Janine Jacobs tot hoof van menslike hulpbronne bevorder.
Die drie nuwe lede is Lulama Ketelo (registrasiebeampte), Lelanie Appel (hoof: voorsienbestuursketting) en Alexina Mpiti (skoonmaker).
Die bevorderingseremonie is deur die senior bestuur, kaptt. Noluvuyo Mbiyo (hoof: ondersteuning), Mervyn Zana (waarnemende stasiebevelvoerder) en Eugene le Roux (hoof: speurdiens) behartig.
Agter, van links: Janine Jacobs, Lulama Ketelo, Lelanie Appel en Alexina Mpiti. Voor: Kaptt. Noluvuyo Mbiya, Mervyn Zana en Eugene le Roux. Foto: Clive Pretorius, korrespondent
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'