RIVERSDAL NUUS - Hoërskool Langenhoven is baie trots op Charoné Rossouw wat onlangs 'n goue medalje verower het tydens die Wes-Kaapse interdistrik-netbaltoernooi wat van 16 tot 19 Julie plaasgevind het.
Sy was deel van een van die o. 17-meisiespanne wat Eden verteenwoordig het.
Slegs twee van Eden se spanne het medaljes gewen - die o. 12- en o. 17-spanne - en Charoné se prestasie dra groot by tot dié trotse prestasie vir die streek.
Langenhoven-atlete gekies vir Hessequa-landloopspan
Baie geluk aan die volgende Hoërskool Langenhoven-leerders wat gekies is vir die Hessequa-landloopspan: Ané Otto, Abigail Louw, Chelsea Saayman, Sadie Quinton, Melissa Smit, Lyla Botha en Elbé van Eeden.
Hierdie groep belowende atlete gaan op Saterdag 2 Augustus aan die ASWD-kampioenskappe in Riverville deelneem.
Charoné Rossouw het onlangs 'n goue medalje tydens die Wes-Kaapse interdistrik-netbaltoernooi verower.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’