RIVERSDAL NUUS - Hoërskool Langenhoven se Dasse pak Saterdag 23 Augustus hul aartsvyand, Hoërskool Overberg, in die jaarlikse interskole in Caledon.
Met trots onthou Langenhoven die triomf van verlede jaar toe die Dasse die beker verower het - ’n oorwinning wat eenheid, harde werk en toewyding beliggaam het.
Hierdie jaar keer die Dasse terug met dieselfde vasberadenheid en gees, met die doel om weer die trofee huis toe te bring.
Die skoolhoof, Henco Smith, het die breër gemeenskap, oudleerders, ouers en vriende opgeroep om die spanne kragtig te ondersteun.
“Ons het julle geesdrif en bystand nodig om ons spelers te inspireer en die Dasse-trots uit te straal,” het hy gesê.
Volgens hom gaan dit nie net oor wen op die veld nie, maar ook oor die gees en eenheid van die Dasse-familie.
Hoërskool Langenhoven se eerste netbalspan.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’