RIVERSDAL NUUS - Hoërskool Langenhoven se jaarlikse interskole teen Hoërskool Overberg het vanoggend amptelik in Riversdal afgeskop met die tradisionele Mini Brag.
Die eerste ronde van die kompetisies het reeds plaasgevind, met spanne wat in gholf, redenaars, skaak, vasvra, muurbal en landloop kragte gemeet het.
Die res van die sport- en kultuurwedstryde sal Vrydag by Hoërskool Overberg voortgaan, waar die twee skole mekaar in ’n verskeidenheid ander dissiplines die stryd sal aansê.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’