RIVERSDAL NUUS - Hoërskool Langenhoven se 1ste span het Maandagoggend, 31 Maart, in die eindronde tydens die senior hokkietoernooi by Union High in Graaff-Reinet, teen die gedugte span van Hoër Volkskool, ook van Graaff-Reinet, te staan gekom.
Die span het hulle goed van hul taak gekwyt, maar die stryd 1 - 3 verloor.
Die Dasse eindig 14de uit 20 skole wat in Graaff-Reinet in die Karoo deelgeneem het.
Die skool is dankbaar vir elke ouer en ondersteuner en veral vir elke speler se deelname.
Die spangees wat onder die spelers geheers het was duidelik sigbaar en aansteeklik.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’