Update
RIVERSDAL NUUS - 'n Man wat diep spore in Riversdal se landboubedryf getrap het, Christiaan (Kittie) van Schalkwyk, het na 50 jaar se diens aan die koöperasie en M Briers Landboudienste die tuig neergelê.
Van Schalkwyk het op Vrydag, 27 November sy laaste amptelike dag van diens aan die koöperasiewêreld gelewer.
Na matriek in November 1970 aan die Hoër Landbouskool Langenhoven, het hy letterlik die graaf opgeneem en sy herineringe diep in die Agri-wêreld verewig.
Direk na hy gematrikuleer het, met sy basisonderig aan 'n plaaskool het hy by die destydse Riversdal Koöperasie diens aanvaar. Soos die koöperasie se naam na Riversdal/Albertinia Koöperasie, en toe Tuinroete Agri verander het, het Van Schalkwyk sy eervolle diens voortgesit waar hy slote gegrawe, kruiwa gestoot, pik gekap het en vinnig die kuns van trekker ry bemagtig het, getrou voortgegaan.
Om dié diens te verrig het hy per fiets van Garcia dorp toe gereis.
Met aanvaarding van diens was die Riversdal Koöperasie se geboue en terrein nog nuut en onbewerk. Vir werk het sy hande nooit teruggestaan nie en hy het dadelik ingespring as 'n groentjie om die terrein op te knap, gehelp om die paaie te teer, waterpype aangelê, afdakke gebou en die grasperke aan te lê.
Van Schalkwyk se harde werk is deur die bestuur waargeneem en begin 1972 is hy na die handelafdeling bevorder.
In September 1975 het hy die stoel inklaringsbeampte opgeneem. Slegs twee maande later is sy direkte lynbestuurder, Chris van der Berg oorlede en het hy die pos opgeneem.
Toe M Briers Landbou-dienste Tuinroete Agri se onderdele-afdeling oorneem, is Van Schalkwyk na bestuurder in dié afdeling bevorder. Sy werk was van so waardevolle gehalte dat Massey Ferguson hom in 1996 as verkoopsman van die jaar aangewys het en hom met 'n bootreis langs die Suidkus beloon het.
Sy vernuf om Agri-produkte te bemark het hy aangewend tesame met sy pligte as onderdelehoof, tot en met sy aftrede.
Vorige artikel: Agri-kenner lê tuig neer
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'