HEIDELBERG NUUS - Mense regoor die wêreld het gister aardedag gevier.
Die doel hiervan is om mense se ondersteuning van omgewingsbewaring aan te wakker en bewuswording van die planeetuitdagings en gepaardgaande, onvermydelike klimaatveranderings te belig.
Die eerste aardedag-erkenning is in die sewentigerjare deur Gaylord Nelson, ‘n Amerikaanse senator, bekend gemaak. Nou word dié dag al in 190 lande gevier.
Die aarde het waarde.
Ook in die Hessequa-streek.
Die kunstenaars Louise Kluyts en Zelda Truter het besluit om ‘n aardedag na ‘n kunsweek te strek in die aanloop van vanjaar se Hessequa-Harmoniefees in Heidelberg van 19 tot 21 September vanjaar.
Hulle het ‘n prominente muur in die toekomstige feesruimte met kreatiewe vernuf, kwas en verf omgeskep in ‘n stylvolle skildery, gekenmerk aan prentjiemooie, simfoniese klanke, kleure en geure van ‘n virtuoos.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’