HESSEQUA NUUS - 'n See van blou het die vroue begroet wat verlede Woensdag, 9 Augustus, na die Kwanokuthula-gemeenskapsaal gestroom het om Vrouedag te vier.
Die dag is goed ondersteun deur tientalle vroue wat by keurig gedekte tafels aangesit het om na die geleentheidsprekers te luister.
Een van die organiseerders, Rebecca Johnson, se geestelike dansgroepie het die vroue met hul goed geoefende danspassies vermaak terwyl hulle kon weglê aan die allerheerlikste eet- en drinkgoed.
Die tafels in die Kwanokuthula-gemeenskapsaal was geklee in 'n see van blou vir Vrouedag.
Vroue in ligte luim by die Vrouedagvieringe in die Kwanokuthula-gemeenskapsaal. Foto's: Hugo Redelinghuys
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’