STILBAAI NUUS - Van 21 tot 28 September woeker Stilbaai met fynbos tydens die Stilbaai Fynbosfees.
Saterdag begin die fees met die Fynbos Hol wat 'n vyf kilometer pretdraf is en Tuin-Op-Die-Brak het 'n opedag van 08:30 tot 14:00.
Daar is ook 'n begeleide stap by Skulpiesbaai en 'n kunsuitstalling by die Stilbaai Galery.
Die hoogtepunt van Saterdag is egter die Kunsvlyt met Fynbos werkwinkel by die kiosk van Tuin-Op-Die-Brak aangebied deur Andor Venter, Naomi van Schalkwyk en Johanna Leuvenink.
Dit is 'n aktiwiteit vir die hele gesin en daar gaan onder andere kaartjies en unieke geskenkies gemaak word met fynbos.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’