Gallery Update Video
STILBAAI NUUS EN VIDEO - The Great Stilbaai Bake Off ten bate van Community Animal Rescue Society (CARS) op Saterdag, 17 Oktober op Stilbaai Dorpsplein was 'n yslike sukses en gaan voortaan 'n jaarlikse instelling word.
Stilbaai was allesbehalwe stil op Saterdag, 17 Oktober - en die groot lawaai" was natuurlik by die dorp se Dorpsplein, waar The Great Cake Bake Off plaasgevind het.
Die geleentheid was deur Michael Joubert, geleentheidsorganiseerder ten bate van die Community Animal Rescue Society (CARS) se volgende massasterilisasie gereël.
Volgens Joubert was dit 'n reusesukses en gaan dit beslis 'n jaarlikse instelling word.
Fotogalery: The Great Stilbaai Bake Off
Die hoogtepunt van die dag was die koekbakkompetisie, maar daar was baie ander interessante en lekker dinge om te doen, soos die photo booth, waar mense prettige foto's kon laat neem, 'n modeparade waar 'n plaaslike klerewinkel in die Dorpsplein se klere vertoon is, die nuutste haarstyle wys, koffiedrinkers kon lekker koffie geniet en 'n springkasteel vir die jongspan.
Die veteraanmotor-uitstalling het ook baie aandag getrek en Johan Beetge het gesorg dat daar sommer 'n hele klompie ou motors was om te bekyk. Musiek het vir 'n lekker, ontspanne atmosfeer gesorg.
"Die hoeveelheid mense wat hier was, het regtig my verwagting oorskry en dit was duidelik dat almal die dag geniet het," het Joubert gesê. "Volgende jaar gaan baie groot wees en die top 10 gaan voor almal op die dag bak."
Vanjaar se wenners:
- 1ste - Izanne Linstrom – Cake #6
- 2de - Arnold Fransies – Cake #7
- 3de - Cassey Ward Able (7 jaar oud) en Eben Brits (7 jaar oud) – Cake #8
- 4de - Christel Jacobs – Cake #5
- 5de - Benjamin en Aldu Duminy – Cake #4
- 6de - Obie Cronjé – Cake #1
- 7de - Desert Rose Functions – Cake #3
- 8ste - Jim Mahoney – Cake #2
Die wenner het R2 000 kontant en The Great Stilbaai Bake Off 2020-wenner voorskoot ontvang.
Kyk 'n video-onderhoud met Michael Joubert hieronder:
Die wenkoek.
Dié pragstukke het beslis die koppe laat draai. Foto's: Wilma Adamson
Vorige artikel: Wie se koek is die beste?
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'