Gallery Video
HESSEQUA NUUSFLITS EN VIDEO - Die Santa Shoebox-projek se groot dag van boksies met geskenke uitdeel het Vrydag 10 November aangebreek en groot opgewondenheid het onder die kleuters geheers om Kersvader te sien.
In elke klas kon Kersliedere gehoor word wat uit volle bors gesing word.
‘n Toet-toet geluid en ‘n snaakse bussie met Kersvader daarop, het 'n glimlag behoorlik van oor tot oor op die kleuters se gesiggies gebring.
Die name van die kinders is reeds vanaf 1 September op Santa Shoebox se webtuiste aangebring en vrywilligers kon bokse spesiaal vir die kinders opmaak.
Volgens die koördineerder, Meghann Bouwer is altesaam 178 bokse is in die gebied ingesamel en drie plaaslike skole kon baat uit die projek vind.
Kyk 'n video:
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL, VIDEO & FOTO'S: ALETTA SUTHERLAND, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'